Malawi Toer

Dates

Vrydag 8 Mei 2020 - Maandag 18 Mei 2020

Vrydag 8 Mei 2020 - Maandag 18 Mei 2020

Duration

11 dae en 10 nagte

11 dae en 10 nagte

Trip Type

Óntdek en geniet Malawi - die warm hart van Afrika

Óntdek en geniet Malawi

Capacity

12 persone

12 persone

Cost

R25,750 vliegtuigkaartjie ingesluit

R25,750 vliegtuigkaartjie ingesluit

CLICK HERE TO READ THE INFORMATION ABOUT THE MALAWI TOUR IN ENGLISH

UNIEKE MALAWI – DIE WARM HART VAN AFRIKA

TOER SAAM MET BEN DU TOIT EN EMBRACE SOUTH AFRICA TOURS

KLIK hier – laai volledige brosjure af

Ek was al 'n slag saam met Ben in Nkhoma en by die meer. Dit was 'n belewenis. Onvergeetlik. Franziska Andrag-Meyer

Ben du Toit is gebore in Malawi en woon daar gedurende sy kinderjare. Hy kan nou nog Chichewa praat en ken die kultuur, geskiedenis en natuur-skoonhede van Malawi baie goed. Ben se opgewondenheid oor Malawi, sy persoonlikheid en toergids-opleiding maak van hom die ideale toerleier.

DATUMS: VRYDAG 8 MEI 2020 – MAANDAG 18 MEI 2020

PRYS: R25,750 PER PERSOON WAT DEEL (PRYSE VAN ENKELKAMERS BESKIKBAAR)

OUDERDOMSBEPERKING: GEEN. ELKE PERSOON NEEM DEEL AAN DIE AKTIWITEITE WAARVOOR HY/SY KANS SIEN. ALGEMENE GESONDHEID MOET NET GOED WEES.

NAVRAE PROGRAM BEN DU TOIT 082 3328 700 bendutoit19@gmail.com

NAVRAE ADMIN EN BETALINGS DEON KITCHING 082 5524 082 embracesatours@mweb.co.za

VRYDAG 8 MEI 2020 TOT SONDAG 10 MEI 2020


Ons vlieg vanaf OR Tambo na Lilongwe (10h00 – 12h20), die hoofstad van Malawi. Daar aangekom reis ons per bus deur die stad (die lughawe is aan die noordekant van die stad) en beleef alreeds iets van hierdie unieke Afrika-stad met sy uiterstes van tradisionele Malawi aan die eenkant en die gewone argitektuur van 'n moderne stad aan die anderkant.

Ry mens oor die Lilongwerivier in die stad, sou jy heel waarskynlik die mense sien wasgoed was en bad (ongeërg sonder klere), terwyl moderne inwoners in hulle motors stadig in digte verkeer oor die brug ry, met verdiepinggeboue en (Suid-Afrikaanse) kettingwinkels wat oral te vinde is.

Nkhoma: En dan die pad na Nkhoma. Daar slaap ons twee aande. Nie die oudste “sendingstasie” van die NG Kerkfamilie nie (dit is Mvera), maar vir baie lank die sogenaamde hoofstasie van hierdie kerk in Malawi. In die vyftigerjare van die vorige eeu het die NG Kerk en Presbiteriaanse kerke (van Skotse oorsprong) se sendingkerke verenig in die Church of Central Africa Presbyterian (CCAP). In Malawi is daar drie sinodes. In die noorde die Livingstonia-sinode. In die suide die Blantyre-sinode en in die sentrale deel van die land, die Nkhoma-sinode.

Nkhoma is histories gesproke die geografiese sentrum van die sinode. Ons sal tuisgaan in die gastehuis, vroeër die kinderhuis (waar die sendelinge van buitestasies se kinders hulle laerskoolopleiding ontvang het). Ons gaan onder andere die hospitaal besoek (altyd 'n onvergeetlike ervaring), die Saterdag-mark, die begraafplaas, die museum en vele ander. Na 'n gedeeltelike erediensbywoning Sondagoggend, vertrek ons na die Malawimeer.

Nkhoma – Gastehuis (https://goo.gl/maps/PB9bkCKD78U2) 2 Nagte


SONDAG 10 MEI 2020 – MAANDAG 11 MEI 2020

Senga Bay: Die pad van Nkhoma via Lilongwe kronkel af na die meervlakte. Op pad daarheen draai ons af na Kasuberg waar 'n monument staan ter ere van die eerste Bybelvertaling in Chichewa. Ons kyk af op die oudste sendingstasie van die kerk, Mvera en ry vlugtig daardeur op pad verder na Salima, die hoofsentrum (dorp) van Senga Bay met sy honderde stalletjies langs die pad. Ons bestemming is die Sunbird Livingstonia Beach Hotel langs die meer. Ons kry die eerste ervaring van die Malawimeer wat 'n onbeskryflike indruk op 'n mens laat. Die volgende dag vertrek ons suidwaarts na Monkey Bay.

Senga bay – Sunbird Livingstone Beach Hotel (https://goo.gl/maps/CDBBaJxBTDG2) 1 Nag


MAANDAG 11 MEI 2020 – DONDERDAG 14 MEI 2020

Monkey Bay:  Op pad na Monkey Bay doen ons aan by Kungoni Centre of Culture and Art naby Mau Mission (https://goo.gl/maps/m3FCNDnAxsj), die breinkind van 'n Rooms-Katolieke priester, self 'n  kunstenaar en antropoloog, waar mens 'n visuele belewenis van die Malawi-kultuur te siene kry soos op geen ander plek in die land nie.

En dan, daarvandaan, is ons reis na Monkey Bay. Hier bly ons drie nagte sodat ons twee volle dae het om die meer te beleef, die bedrywighede van die mense kan dophou, op 'n bootvaart kan gaan na 'n eiland, waar die wat wil, kan snorkel en ander kan swem, of sommer net die meer beleef – en gaandeweg beleef 'n  mens hoedat alles in jou stadiger gaan, rustiger word. Akkommodasie Monkey Bay Beach Lodge Hotel

Monkey bay – Monkey Bay Beach Lodge (https://goo.gl/maps/26XgjCrHvXE2) 3 Nagte


DONDERDAG 14 MEI 2020 – SONDAG 17 MEI 2020

Liwonde Nasionale Park (YouTube video): Na Monkey Bay is ons volgende oorblyplek die Liwonde Nasionale Park, wat deur baie mense beskou word as een van die heel beste belewenisse van wildtuine in Afrika. Dit is geleë langs die Shirerivier, die enigste uitloop van die Malawimeer wat suidwaarts dreineer na die magtige Zambesirivier.


Omdat dit Augustus is en daar waarskynlik nie meer sprake van veldwater is nie, is die wild hoofsaaklik saamgetrek langs die rivier en hier kan mens enige dier te wagte wees: Seekoeie, buffels, olifante, hiënas, daar’s selfs leeus en vele boksoorte. Om nie van die voëls te praat nie. Dit gaan 'n onvergeetlike ervarings wees met baie opsies, soos om op eie koste en verantwoordelikheid op 'n staptog te gaan, of 'n wildrit, of sommer net sit en kyk hoe die diere om jou beweeg in hulle natuurlike habitat. Akkommodasie Kutchire Lodge

Kutchire Lodge – Liwonde  (https://goo.gl/maps/RWtwB9WRsYy) 3 Nagte


SONDAG 17 MEI 2020 – MAANDAG 18 MEI 2020

Blantyre: Na drie nagte in Liwonde, moet ons ongelukkig terug. Soos op alle roetes in Malawi is die afstand miskien nie so groot nie, maar die rytyd is baie en ons voorlaaste dag word grotendeels bestee aan die rit na Blantyre, waar ons oornag, maar nie voordat ons die imposante katedraal, asof iewers in Europa, van die Presbiteriaanse kerk, die vennootskap-kerk van Nkhoma, in die stad besoek nie.

Maandag 18 Mei 2020 vlieg ons vanaf Chileka-lughawe terug na OR Tambo (12:55 – 15:10) – en weet ons, dit was 'n onvergeetlike egte ervaring van Afrika.    

STRATEGIESE INLIGTING VIR MALAWI


1. Wat is ingesluit?

–          vliegkaartjies OR Tambo uit na Lilongwe en Blantyre terug na OR Tambo

–          alle akkommodasie,

–          ontbyte en aandetes, 5 x middagetes

–          en alle toegangsgelde

2.      Geen visum nodig nie. Geldige paspoort wat vir 6 maande nog geldig is.

3.      Wat is uitgesluit?

–          vervoer tot op OR Tambo (vir alle praktiese doeleindes begin die toer op die lughawe in Kempton Park.)

–          ekstra ekskursies (bootrit op Malawi-meer/snorkel/duik/wildritte in reservaat/ligte middagetes)

4.      Versekering (medies/reis). Maak seker dat jy die nodige versekering uitneem. Reisburo’s het gewoonlik goeie raad vir die regte pakket.

5.      Neem indien moontlik een kursus anti-biotika saam, asook maag/naar medikasie. En natuurlik jou eie kroniese medisyne.

6.      Malaria – Malawi is malaria-gebied. Maak asseblief seker dat jy die regte voorkomende medikasie hiervoor kry by jou dokter. Indien jy meer inligting hieroor verlang, kontak Ben du Toit (0823328700 of bendutoit19@gmail.com)

7.      $150-$200  kontant (vir ekstras soos geskenke  – punt 3.2 hierbo)

8.      Malawi Kwacha kan by banke in Lilongwe met SA Rand gekoop word. Mens kan natuurlik ook met kredietkaart in Malawi Kwachas trek, maar dis duurder. Dis belangrik vir kleiner uitgawes soos aandenkings koop en items op die mark van Nkhoma.

9.      Weer kan wissel. Op Nkhoma kan dit nog snags koud wees, maar daarna, langs die meer kan dit al warm genoeg wees om te swem in die meer. Neem klere saam daarvolgens. Daar kan ook nog tipiese Augustus-winde wees. Maak seker jy’t teenmiddels (soos jou mediese profiel vereis) vir hooikoors en allergieë.

10.  Selfoon/internet: As jy 'n ou selfoon het, kan 'n SIM-kaart gekoop word wat jy met data laai en as 'n “hotspot” gebruik word vir internet deur 'n gewone selfoon. WhatsApp’s werk goed. Indien jou selfoon “oop” is, kan jy natuurlik bel deur van 'n netwerk gekoppel aan jou eie in SA gebruik te maak, maar dit kan baie duur wees. Moenie Suid-Afrikaanse data in Malawi gebruik nie. Dis skrikwekkend duur. 

11.  Kameras en vêrkykers (baie geleentheid vir goeie fotografie)

BETALINGSKEDULE


Eerste betaling – 25% deposito by bespreking van jou plek – R6 750.00

Tweede betaling – 25% einde April 2019 – R6 750,00

Derde betaling – 25% einde Junie 2019 – R6 750,00

Vierde betaling – 25% einde Julie 2019 – R6 750,00

Kontak Deon Kitching by 082 5524 082 of embracesatours@mweb.co.za vir ‘n faktuur

TERUGBETALING VAN GELDE BY KANSELLASIE


Volledige terugbetaling voor einde April 2019 van geld reeds betaal minus admin en bankkostes

Voor einde van Mei 2019 – 75% van totale toerbedrag

Voor einde van Junie 2019 – 50% van totale toerbedrag

Voor einde Julie 2019 – 25% van toerbedrag 

BLYPLEKKE/OORNAG



Moenie hierdie unieke geleentheid misloop nie. Ons het plek vir 12 persone. Indien daar pare is, sal vir hulle by die oornagplekke in 'n dubbelkamer wees. Indien daar enkellopendes is wat 'n kamer wil deel, dui asseblief so aan. Ons wil graag almal se voorkeure respekteer. Daar is ook die moontlikheid van enkelkamers.

Die vliegkaartjie na Malawi is, soos elders na lande in Afrika noord van ons, geweldig duur. Dit verteenwoordig ongeveer 'n derde van die koste per persoon. Hou dit asseblief in gedagte as die koste van R25,750 per persoon in oorweging geneem word.

NAVRAE PROGRAM
BEN DU TOIT
082 3328 700
bendutoit19@gmail.com

NAVRAE ADMIN EN BETALINGS
DEON KITCHING
082 5524 082
embracesatours@gmail.com

Lost your password? Please enter your email address. You will receive a link to create a new password.

Close